• Simple Item 9
  • Simple Item 8
  • Clubhouse
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
  • 6
Thursday, December 13, 2018

SCHOEMANPARK LADIES

MAY 2014

May was Ladies Nite

Ons trek al amper by die middle van die jaar. Daar lê nog baie dae voor vol groot planne.

Ons wil hierdie jaar ons badkamers opgradeer sodat ons teen die somer ons storte kan gebruik. Fondsinsamelings is beplan om die gelde bymekaar te maak vir die opgraderings. Die 15 Mei het ons ‘n “Ladies Nite” gehad. Ons eie “Schoemandales” het ons ge-entertain en dit was op stadiums skreeu snaaks. Baie dankie vir die bydraes wat ons gekry het. Ek dink amper dit sal vir ‘n wasbak betaal.

Bloemfontein-20140515-00353  Bloemfontein-20140515-00354

Ons is besig om lotjies te verkoop vir verdere fondse. Karin v Zyl het vir ons ‘n toolbox geskenk vol alle tools wat elke liewe man sal wil besit. Die lotjies is maar R10-00. Ek gaan vir almal ‘n lys stuur om te help met die verkope. Dit is tog op die ou einde vir ons almal se voordeel om ‘n mooi kleedkamer te hê. Ons groot fondsinsameling poging is die 20ste Junie of die 25ste Julie se Gholfdag. Ons moet nog die datum vasstel en sal by die Mei se maandelikse dames kompetisie so besluit.

Die volgende dames kompetisie is die 25ste Mei. Kom speel asb dames! Bespreek by my 051 4483122. Tania se man Jacques (UTI) is die borg vir die dag. Baie dankie Jacques !!!!!!

Baie geluk aan ons Liga en Interklub Shield span wat uitstekend gevaar het. Die Liga span het Bloemfontein A span gewen en die Interklub Shield span het BGC “gehalf” Well done girls !!!!!!

If you do what you’ve always done, you’ll get what you’ve always gotten.

 

NEWS FLASH

  • NEWSLETTER AUGUST 2018

    Newsletter August 2018-page-001