MEI 2015
Baie geluk aan ons wenners van 2015. Julle het goed gespeel en verdien die titels. Die Klub Kampioenskappe was oor twee dae gehou en was weereens ‘n groot sukses. Die A en B Afdelings het medal gespeel. Die weer het saamgespeel en die geselskap was goed. Ek hoop dat volgende jaar meer dames sal speel as die 15 van die jaar.
As gevolg van die greens se hersaai en toe al die nasionale toernooie daarna, het ons nie in April ‘n maandelikse dames dag gehad nie. Die Klub Kampioenskappe het dus getel as ons maandelikse kompetisie ook. Die rondtes is omgeswaai na IPS punte en die wenner van die Mei kompetisie was Lizel Potgieter. Well done Lizel. Dankie aan Heinrich Delport wat vir ons ‘n Tom Tom geborg het vir die Mei game. Groot waardering Heinrich…….
Ook as gevolg van al die dinge moet ons twee liga spanne ook binne die volgende week of wat teen mekaar speel voor ons spanne BGC se twee spanne moet aanvat op ons baan. Sal julle op hoogte hou daarvan.
Ons volgende kompetisie is die 21ste Junie. Kom speel asb saam. Wees deel van die pret.
It is never too late to be what you might have been.