Ongelooflik hoe vinnig 3 maande verby vlieg, maar ja dis waar en herfs is oppad. Kyk net na die bome op die baan of probeer nog een keer voor 6uur die oggend speel dan sal jy weet waarvan ek praat.
Met die 1:1:2 hierdie Sondag verby, kan my kantoor weer terug na normaal want die berge pryse is in die hande van die wenners! Baie dankie vir almal wat deelgeneem het. Julle het my beslis laat voel ek kan weer so iets aanpak!
Die Greens het nou mooi herstel. Hier en daar ‘n paar kolle maar glo my Eddie doen sy bes om dit te herstel. Tobie, sy assistent, het na 5 jaar bedank en ons wens hom sterkte met sy toekoms.
Chantal het weer die “pub lunches” aan die gang en die eerste poging met die beesstert was baie suksesvol. Nuwe items op die spyskaart sal ook byval vind by menige smulpaap.
Ons masjiene is maar gedaan en ons is huidig besig om te onderhandel om “refurbished” masjiene aan te koop.
Ons het nou bykans 30 nuwe lede en ek wens hulle ‘n fantastiese lidmaatskap toe.
Dean het weer goed presteer in Mexico, Alex het die “cut” gemaak by die Tswane Ope. Juran en Andrew het die 1ste fase van die Toerskool gemaak en Jacques speel sy eerste toernooi in April.
Glase bly verdwyn en ek vra mooi dat ons dit terugbesorg aan die kroeg.
Ons Lotto aansoek gaan binnekort in en ons hou almal duimvas vir ‘n positiewe uitslag.
Geldsake wil beter vertoon en ons spook voort om te spaar waar ons kan.
Nuwe toilethouers gaan binnekort aangebring word en hopelik bekamp dit diefstal asook uit voorraad situasies.
Fanie Maree het bedank as Voorsitter van die Raad maar is steeds ons President. Wilfred Phalatsi het oorgeneem as Voorsitter van die Raad.
My pen is nou leeg tot volgende keer. Onthou julle is almal belangrik en gewaardeer deur die Klub!
Kom ons almal maak ‘n verskil.
Groete
Andre Brink