• Simple Item 9
  • 1
  • 2

Tournaments

Kaart wink vir VS se Burger Heckroodt

heckroodt

Welgedaan! Burger Heckroodt het Donderdag sewe voëltjies op die Schoemanpark-baan behaal. Sy oornagtelling was 208 houe ná rondes van 73, 70 én Donderdag se skitterende 65. Foto: Conrad Bornman

Burger Heckroodt, skitterende gholfspeler van Bloemfontein, het Donderdag op Schoemanpark se baan omtrent seker gemaak dat hy môre in die uitspeelronde sal meeding om sy spelerskaart vir die Sonskynreeks te verwerf.

Heckroodt het die beste ronde van die dag gespeel.

Hy het op pad na ’n uitstekende 65 houe – ook een van die beste rondes van die week – sewe voëltjies behaal en nie by een putjie ’n hou aan syfer afgestaan nie.

Sy skitterende telling het hom na die algehele vierde plek ná die derde ronde van die kwalifiserende toernooi vir die Sonskynreeks laat opskuif.

Die sestig voorste spelers ná vandag se vierde ronde sal môre op Bloemfontein se baan uitspeel om daardie dertig gesogte spelerskaarte.

Zander Lombard van die Woodhill-klub in Pretoria is steeds die voorloper met ’n telling van 204 – 14 beter as die baansyfer.

Hy is een hou voor Alessandro Grammatica van Italië en twee voor Michael Scholtz van die Ernie Els-stigting.

Lombard het gesê dit was moeilik om aan die gang te kom ná sy ronde van 64 die vorige dag.

“Ek kon nie werklik ontspan nie. Ek wil bitter graag die toernooi wen en in die Sonskynreeks speel.”

Lombard het die amateur-geledere in November 2014 vaarwel toegeroep en besluit om ’n beroepspeler te word. Hy het selfs al probeer om sy spelerskaart in die Europese Reeks te verwerf.

In sy amateurdae het Lombard die nommereen-plek op die Suid-Afrikaanse ranglys beklee.

Heckroodt het gesê sy gesin ondersteun hom baie en almal werk hard daaraan dat hy sy spelerskaart moet wen.

“My ouers en ander gesinslede staan my by en ek wil nie hê hulle moet hul geld mors nie,” skerts hy.

Hy is nou 25 jaar oud en as hy nie vanjaar sy spelerskaart kry nie, sal hy waarskynlik nie weer probeer nie.

“Dan moet ek maar klaar studeer en gaan werk,” het hy gesê.

Afgesien van Heckroodt het vier ander plaaslike spelers ’n goeie kans om vanaand die valbyl vry te spring en tussen die top-sestig te eindig.

Die viertal is: MJ Viljoen van die Bloemfontein-gholfklub is 33 ste met 213 houe, Chris Erasmus (Schoemanpark) en sy klubmaat Jacques de Villiers is in die 38 ste plek met 215 houe, terwyl die gewese Protea-krieketspeler Johan van der Wath (Bloemfontein) in die 50 ste plek is met sy telling van 216. (news 24)

2014 GOLDFIELDS JUNIOR OPEN RESULTS

Attached please find the FINAL TOURNAMENT RESULTS as well as the DIVISIONAL RESULTS of the 2014 GOLDFIELDS JUNIOR OPEN that was played this past weekend at the OPPENHEIMER PARK GOLF CLUB in WELKOM, together with the ORDER OF MERIT (OOM) as it stands after this tournament.

Read more: 2014 GOLDFIELDS JUNIOR OPEN RESULTS

Join Our Newsletter

Updates, upcoming themes, and great deals!

Login Form

Who's Online

We have 62 guests and no members online